Kern doel van die pos Die bestuur en koördinering van IT sagtewareontwikkelings projekte vir die IBM i stelsel, vir doeleindes van die instandhouding, ontwikkeling en implementering van sodanige sagtewarestelsels vir die OVK groep.
Minimum Vereistes Toepaslike Baccalaureus graad of soortgelyke tersiêre kwalifikasie of ondervinding in IT sagtewareontwikkeling; Toepaslike kwalifikasie of ondervinding in finansiële rekeningkunde; Vaardigheid in Microsoft Project of soortgelyke projekbestuur hulpmiddels; Minimum 10 jaar ondervinding in sagtewareontwikkeling op die IBM i omgewing; Minimum 3 jaar bestuur of soortgelyke ondervinding rakende IT sagtewareontwikkelings projekte. Vaardighede Uitstekende kommunikasie- en taalvaardighede in Afrikaans en Engels; Uitstekende organisatoriese en projekbestuur vaardighede; Ondervinding rakende sagtewareontwikkeling in COBOL en die IBM i bedryfstelsel is 'n vereiste; Vorige ondervinding in 'n agri-besigheidsomgewing sal voordelig wees; Uitstekende interpersoonlike vaardighede en die vermoë om 'n span te kan lei en bestuur en in 'n span saam te werk; Sterk analitiese vermoëns en die vermoë om onafhanklik te funksioneer. Verantwoordelikhede Inisiëring en bestuur van IT sagtewareontwikkelings projekte vir die IBM i stelsel deur die evaluering en monitering van Bedryf prioriteite, die toekenning van IT prioriteite en toedeling daarvan aan IT programmeerders, asook die produktiewe en effektiewe aanwending van IT hulpbronne; Koördinering en beplanning van IT sagtewareontwikkelings projekte vir die IBM i stelsel, insluitend die goedkeuring en finalisering van tegniese spesifikasies; Koördinering en monitering van toetsing rakende die implementering van IT sagtewareontwikkelings projekte vir die IBM i stelsel; Skakeling met Bedryf rakende IT sagtewareontwikkelings projekte vir die IBM i stelsel.
#J-18808-Ljbffr