Junior Digitale Bemarker(Vaste Termyn Kontrak)

Details of the offer

Ons is tans op soek na 'n Junior digitale bemarker in AfriForum se bemarkingsafdeling.
Die pos is gebaseer by AfriForum se hoofkantoor in Kloofsig, Centurion.
Dis 'n vastetermynkontrakposisie vir 12 maande lank.
Om hiervoor in aanmerking te kom, benodig jy 'n eenjaar- tot driejaardiploma in Bemarking en/of Kommunikasie en een tot twee jaar ondervinding in digitale bemarking, kommunikasie of bemarking asook ervaring met SEO, bemarking op sosiale media, e-posbemarking en betaal-per-klik-advertensies.
Die rol van die digitale bemarker is om die sigbaarheid van AfriForum te verhoog en die handelsmerk te bevorder.
Deur digitale bemarkingsveldtogte te ontwikkel en uit te voer, kliënteverhoudinge te bestuur en die handelsmerk te bou deur inhoudbemarking en ander inisiatiewe, speel die digitale bemarker 'n belangrike rol in die dryf van ledegroei.
Uiteindelik bestaan hierdie rol om die organisasie te help om sy teikengehoor te bereik, lojaliteit onder bestaande kliënte te bevorder en 'n sterk en herkenbare handelsmerk te bou.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om die volgende verantwoordelikhede uit te voer: Die ontwikkeling en implementering van digitale bemarkingsveldtogte om ledewerwing te verhoog, insluitend soekenjinoptimalisering (SEO), bemarking op sosiale media, e-posbemarking en betaal-per-klik-advertensies ( PPC ).
Ontleding van sosialemediadata om gebruikersgedrag te bepaal en geleenthede vir verbetering te identifiseer.
Die bou van die handelsmerk deur inhoudbemarking en ander bemarkingsinisiatiewe om handelsmerkbewustheid en reputasie te verhoog.
Opstel van betaal-per-klik- en leidraadgeneringsadvertensies met die doel om lede te werf.
Monitering en analisering van die doeltreffendheid van bemarkingsveldtogte en rapportering oor resultate.
Opstel van inhoud en ander bemarkingsinisiatiewe om handelsmerkbewustheid en reputasie te verhoog.
Die pos vereis die volgende bevoegdhede: vermoë om in 'n span te werk en effektief te kommunikeer goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede goeie tydbestuur en kreatiwiteit 'n oop ingesteldheid t.o.v.
verandering, uitsetgedrewenheid Aansoeke moet voor of op 9 Januarie 2025  ingedien word.  Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.


Nominal Salary: To be agreed

Job Function:

Requirements

Senior Sports Trader

A premium South African betting site have an amazing career opportunity for a Senior Sports Trader to join their team in Johannesburg . Are you a skilled tra...


Yellosa - Gauteng

Published 12 days ago

Tactical Officer

An opportunity to take actionTACTICAL RESPONSE OFFICERS- NATIONALLYABOUTTSU is a professional firm that, amongst other aspects, handles the protection of dig...


Tsu Protection Services - Gauteng

Published 11 days ago

Brand Ambassador - Clearwater Mall

Roodepoort, South Africa | Posted on 04/10/2024 Founded in 1934, Browns is a family-owned jeweller that crafts the finest diamond jewellery in South Africa. ...


Brownsjewellers - Gauteng

Published 11 days ago

Armed/ Tactical Response Officer

Purpose: To provide visible patrolling on sites, immediate armed reaction and escorting, incident management, close protection and operational support for cr...


Combinedpi - Gauteng

Published 11 days ago

Built at: 2024-12-22T19:21:02.463Z