Hierdie gevestigde uitvoer tafeldruif groep beskik oor die volgende uitdagende beroepsgeleentheid vir n dinamiese, energieke individu met passie vir wingerd & pekanneut boerdery om deel van hul span te word. TEGNIESE BESTUURDER: AGRONOMIE KAKAMAS OMGEWING Vereistes: Minimum BSc Agric, maar verkieslik n MSc Agronomie graad, met minstens 10 jaar bewese ervaring in agronomiese tegniese bystand in verkieslik wingerdboerdery en Pekanneute. Tegniese kennis op wingerd gesondheid, voeding asook kultivars. Toepaslike kennis van Gulf- en Mottech besproeiings rekenaarstelsels. Uitstekende bestuur-, leierskap-, en navorsingsvaardighede. Sterk kommunikasievaardighede en die vermoë om effektief met spanlede en bestuur te kommunikeer en opleiding te bied. Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail. Goeie rekenaarvaardighede met uitstekende Excel-vaardighede. Vaardigheid om onafhanklik onder druk te werk en effektief tyd te bestuur. Bogemiddelde probleem oplossing vaardighede en innoverende denke. Hoof verantwoordelikhede: Verantwoordelik vir die gevorderde tegniese ondersteuning van totale wingerd eenhede en pekanneut boorde se besproeiing, bemesting en chemie bestuur wat insluit: Beplanning, skedulering en toepassing van besproeiing in die wingerde en boorde. Beplanning en toepassing van kunsmis in die wingerde en boorde. Beplanning en toepassing van chemiese bespuitings op die wingerde en boorde. Ontwikkel en implementeer tegniese opleiding van toepaslike agronomiese onderwerpe. Onderhandeling en skakeling met eksterne navorsers i.v.m. navorsingsprojekte. Bywoning van Expo s ens. om evaluasie te doen van nuwe tegnologie. Byhou van akkurate tegniese rekords. Projek beplanning, en -bestuur om doelwitte te bereik. Om aansoek te doen, stuur cv met verwysing MTBA voor 18 November 2024 aan recruitmentovdm.co.za