Distrikskoördineerder: Pretoria

Details of the offer

Ons is tans op soek na 'n distrikskoördineerder vir die Pretoria-gebied.
Dit is belangrik dat jy slegs aansoek doen indien jy reeds in Pretoria woon.
Om hiervoor in aanmerking te kom, benodig jy 'n eenjaar- tot driejaardiploma in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur asook twee tot drie jaar ondervinding in regte, omgewingsake, plaaslikeregeringsake, veiligheid en/of projekbestuur 'n Distrikskoördineerder se werksaamhede kan vergelyk word met dié van besigheidontwikkelingsbeamptes, en verkoop- en projekbestuurders.
Indien jy ervaring het in besigheidsontwikkeling, in die bestuur van verkoopsagente of klein projekte sal jou vaardighede geskik wees vir dié pos.
Persone met ervaring in regte, omgewingsake en munisipale bestuursprosedures sal ook goed pas by die pos.
'n Distrikskoördineerder se primêre verantwoordelikheid is om AfriForum-takke te ondersteun in dorpsgebiede wat gemeenskappe se regte wil beskerm.
AfriForum se takke fokus op die oplos van probleme met betrekking tot plaaslikeregeringsake, omgewingsake, gemeenskapsveiligheid en jeug.
Daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om onder meer: AfriForum se missie, visie en waardes te verstaan; AfriForum-takke en -buurtwagte uit te bou en te ondersteun; lede en skenkers vir AfriForum-takke te werf; gemeenskapsprojekte te koördineer; gemeenskapsprojekte te bemark en met die media te skakel; korrupsie in plaaslike regerings te ondersoek; en aandag aan swak munisipale dienslewering te gee.
Om die bostaande suksesvol te kan doen, sal jy in staat moet wees om goeie verhoudings en vennootskappe tussen die burgerlike samelewing en plaaslike regering te kan bou.
Jou rol sal verder ondersteun word deur spesialiste in elke veld wat jou sal help om hierdie kwessies aan te pak.
Hierdie pos sal vereis dat jy gereeld reis om te verseker dat alle gebiede die nodige aandag kry.
Hiervoor benodig jy 'n geldige bestuurderslisensie en 'n betroubare voertuig.
As jy 'n passie daarvoor het om 'n verskil in gemeenskappe te maak, moedig ons jou aan om aansoek te doen.
https://afriforum.breezy.hr/p/c7fa5a2ef92d-afriforum-distrikskoordineerder Aansoeke moet voor of op 9 Januarie 2025  ingedien word.  Indien jy nie terugvoer ontvang binne drie weke ná die sluitingsdatum nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.


Nominal Salary: To be agreed

Job Function:

Requirements

Quality Assurance Pharmacist (Public Sector / Pharmaceutical Manufacturing)

One of our state owned clients are in need of an experienced and registered Quality Assurance Pharmacist towards Pretoria. Qualifications and experience: B.P...


- Gauteng

Published a month ago

Food Quality Controller - Sandton

We are in search of a qualified Food Quality Controller who will play a critical role in bridging Operations and Quality Control (QC), ensuring that QC proce...


Hoteljobs.Co.Za - Gauteng

Published 11 days ago

Inspector: Ntwp X1

Job descriptionTo conduct inspections at NNR regulated facilities and to conduct technical reviews and assessments against conditions of authorisation relate...


National Nuclear Regulator - Gauteng

Published 11 days ago

Auditor – Pretoria

Shift Pursuit has partnered with an audit and accounting firm based in Pretoria and we are seeking a skilled and experienced Auditor to join our client's tea...


Shift Pursuit - Gauteng

Published a month ago

Built at: 2024-12-22T15:20:17.813Z