Bedryfsbestuurder (Sitrusverpakking)

Details of the offer

Die volgende loopbaangeleentheid het by ons kliënt - 'n progressiewe Sitrusverbouer- en verpakker in die Oos-Kaap - ontstaan a.g.v. konstante groei en uitbreiding van die onderneming. BEDRYFSBESTUURDER (Sitrusverpakking) Die posbekleër sal d.m.v. oorhoofse bestuurs- en direkte strategiese insette verseker dat die hoogs tegnologiese en geoutomatiseerde vrugteverpakkingsaanleg op die kort- sowel as langtermyn effektief uitvoering gee aan geïntegreerde bemarkingsplanne wat spesifieke vereistes stel t.o.v. kliënt-georiënteerde voorskrifte, kwaliteitsversekering, voedselveiligheid-standaarde, verpakkingstipes en -protokolle, nasporing-stelsels, ens. Die verpakkingseenhede funksioneer as selfstandige bedryfs- en winssentrums met n jong, maar gevestigde infrastruktuur. Oorhoofse insette t.o.v. optimalisering van alle hulpbronne, kapasiteite en kostes is kritiese prestasie-areas. Deurlopende beplanning rondom bedryfsaangeleenthede is n integrale deel van die pos. Minimum vereistes: Tersiêre kwalifikasie in Bestuurswetenskappe of Bedryfs- / Meganiese Ingenieurswese Bewese toepaslike ervaring in n Bestuurshoedanigheid (verkieslik die voedsel- / verpakkingsbedryf) Uitstaande organiserings- en koördineringsvaardighede Uitnemende leierseienskappe Vermoë om proaktief te onderhandel, funksioneer en aangeleenthede effektief af te handel Vertroud wees met moderne kommunikasie- en inligtingstegnologie. Hierdie persoon - wat direk aan die Besturende Direkteur rapporteer - sal uit die aard van die kompleksiteit van die funksie baie gestruktureerd moet kan dink, handel en optree. Die vergoedingspakket sal die senioriteit van die posisie ondersteun. Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke vertroulik by mwntiiafrica.com tot Woensdag, 09 Oktober 2024 . Indien u nie binne 6 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat alternatiewe besluite geneem is. Ons hou nietemin u CV op rekord vir moontlike toekomstige verwysing.


Source: Whatjobs_Ppc

Job Function:

Requirements

Technischer Produktdesigner/ -In (M/W/D)

Technischer Produktdesigner/ -in (m/w/d) Erstellt am 13.06.2019 Kennziffer: 1494586398 Thüringische Weidmüller GmbH An der Allee 1 Ansprechpartner: Ausbildu...


From Sulzer Metco Woka Gmbh - South Africa

Published a month ago

Quality Control Manager (Intake) Ref: 3651

As a Quality Control Manager, youll be responsible for ensuring the highest standards of quality, making decisions on storability and marketing, and keeping ...


From Ndc Personnel - South Africa

Published a month ago

Barhand

Fancourt, South Africas premier golfing, leisure and lifestyle destination, is situated in George in the heart of the Garden Route. We are now accepting appl...


From - South Africa

Published a month ago

Quality Assurance Manager - Fmcg (Jb4754)

Quality Assurance Manager - FMCG (JB4754) Malmesburg, Western Cape R35 000 CTC per month Permanent Our client, dedicated to delivering exceptional products t...


From Kontak Recruitment - South Africa

Published a month ago

Built at: 2024-10-31T20:47:01.704Z