Posbenaming: Algemene Werker Arbeidsveld: Konstruksie Kort beskrywing van pos Werksaam in die vervaardiging van Strukturele Panele, asook oprigting en algemene konstruksie werksaamhede.
Pos pligte en sleutelwerksaamhede Alle werksaamhede in die fabriek in die vervaardiging proses van boupanele.
Alle aspekte van die konstruksie en boubedryf, vanaf perseel voorbereiding tot en met aflewering van die voltooide projek.
Kritiese vereistes Verkryging van verblyfsreg in Orania Uiters akurate meetaflesing en toepassing van instruksies.
Veilige hantering van kraggereedskap.
Versorging en skoonhou van gereedskap en werksplek, hetsy fabriek of bouterrein.
Effektiewe tydsbestuur.
Akkurate werk; doen dit een keer en reg.
Vermoë tot probleemoplossing.
Voordelige vereistes Vaardigheid/kennis rakende sweiswerk, houtwerk, meganika.
Vaardighede Kan op sy voete dink om probleme op te los.
Goeie hand-oog koordinasie.
Goeie begripsvermoë in uitvoering van instruksies en pligte.
Basiese eienskappe Werksetiek.
Betroubaar.
Hulpvaardig en bereidwillig.
Pligsgetrou.
Verantwoordelik rakende akkuraatheid van werk en bereiking van doelwitte.
Glad nie 'n "Clock Watcher" - maak ooreengekome dagtaak klaar voor uitval.
Spesifieke verbode aspekte Geen drankmisbruik en dwelmgebruik.
Oneerlikheid.
Kansvatter en kortpad vat met uitvoering van take.
Kwaadstokery.
Lyfwegsteek en "Blame Shifting".
Spesifieke aspekte Ons soek 'n pligsgetroue en hardwerkende persoon wat bereid is om te leer, opdragte te aanvaar en uit te voer soos verduidelik, en homself op te bou in die besigheid om 'n bydrae te maak tot die sukses daarvan.
Verskillende werksplekke Werk op verskeie persele.
Werksomstandighede Indiensnemingsdatum: 2025-01-03 Gewone werksure: Maandag - Vrydag 8:00 tot 17:00 (8 ure per dag) Saterdae - 8:00 tot 13:00 (5 ure) Slegs Christelike Publieke Vakansiedae af (4 dae).
1x Saterdag per maand af eerder as nie-Christelike vakansiedae (Orania publieke vakansiedae) waarop gewerk word.
Werksweek: Vaste werksweek.
Gewone jaarlikse verlof: 1 dag vir elke 17 dae gewerk.
Siekverlof: 30 siekverlofdae in 'n 3 jaar siekverlofsiklus.
Gesinsverlof: 3 dae per jaarlikse verlofsiklus.
Kraamverlof: Nie van toepassing.
Kennisgewingtydperk: 1 week indien minder as 6 maande gewerk.
2 weke indien meer as 6 maande maar minder as 'n jaar gewerk het.
4 weke indien langer as 'n jaar gewerk het.
Duur van kontrak: 12 maande.
Beëindigingsdatum van pos: 2025-12-31.
Besoldigingsinligting Pos gemiddelde werksure per maand: 194.
Frekwensie van besoldiging: Maandeliks.
Moontlikheid van bevordering in die pos: Op meriete.
Opleiding Basiese vaardighede opleiding: Basiese indiensopleiding ten opsigte van SIP konstruksie.
Plek van opleiding: Orania.
Duur van opleiding: Voortdurend.